die vrou sien die rolbos teen die lyndraad vasgewaai
langs die teerpad anderkant leeu gamka
en skielik kry die rolbos ń gesig
en ore en hare en ń lyf
en hande met ringe aan die duime
en die hande probeer desperatly vasklou
aan enige iets wat sal anker
maar sy kan sien die anker is te swak
en die wind is te sterk
en sy weet …. dis sy daai
en sooner rather than later
gaan een of ander wind
hetsy ń kunswind of ń hartswind of destiny
of sommer net ń bee in the bonnet alleenwind
haar weer in haar moer in aanwaai
tot sy conveniently iewers vaswaai
en die hande met die ringe aan die duime
sal desperatly try vasklou
en sy sal sê nou’s ons fokken klaar rondgewaai
hier bly ons nou
maar na ń jaar of so sal sy sien die anker is te swak
en die wind raak te sterk
en sooner rather than later
gaan een of ander wind
haar weer in haar moer in aanwaai
tot sy
conveniently
weer
iewers
vaswaai
You’ll have to explain this to me!
LikeLike
Cleverly written – exactly how so many afrikaners mix the languages up like that , sonder twyfel can just hear it out loud!!
Sent from my iPhone
>
LikeLike